RADIO NAMAKWALAND ONTVANG TWEE GESOGTE MEDIA TOEKENNINGS
Radio Namakwaland het op Donderdagaand 27 Junie 2013, tydens ān spoggeleentheid in die One & Only Hotel in die Waterfront in Kaapstad, twee gesogte media toekennings ontvang.
Brandhouse, ān alkoholiese drank maatskappy, gee reeds die afgelope drie jaar erkenning aan die media wat aangeleenthede hanteer rondom verantwoordelik drank gebruik. Die agt kategorieĆ« is Beste Koerant, Beste Gemeenskap, Beste Tydskrif, Beste Uitsending, Beste Aanlyn, Beste Blog, Beste Student en Media Huis van die Jaar.
Daar was 145 inskrywings en Radio Namakwaland is in die volgende twee kategorieƫ as finaliste aangewys:
Beste Uitsending
e News Channel Africa Mpho Lakaje
Radio Namakwaland Pieter Lubbe
SABC Radio News Minoshni Pillay
Media Huis van die Jaar
Media 24
Independent Newspapers
Radio Namakwaland
Radio Namakwaland is in beide kategorieĆ« as die wenners bo ander gesoute joernaliste en media huise aangewys. Dit is voorwaar ān groot eer as in ag geneem word dat daar benewens die reeds genoemde finaliste ook inskrywings was van onder andere Mail & Guardian, The Witness, You/Huisgenoot, Kuier, Move, Car Magazine Blog en Nuus24.
Radio Namakwaland is as Media Huis van die Jaar aangewys na aanleiding van ān intensiewe veldtog teen drankmisbruik wat oor ān tydperk van een jaar uitgesaai is. Aspekte wat aangespreek is was onder andere die invloed van drankmisbruik op die gesin, die pa as alkoholis, die ma as alkoholis, skoolgaande kinders as drankgebruikers, drankmisbruik onder studente, drank gebruik in die werksplek, die invloed van drankmisbruik op die ekonomie, bestuur onder die invloed van drank, wetgewing rondom drankgebruik en die invloed van drankmisbruik op die liggaam ā om net ān paar aspekte te noem. Annette Smit wat die projek inisieer het, het ook die prys in ontvangs geneem. Pieter Lubbe se program het gehandel oor die invloed van drankmisbruik op die gesin en was voorwaar van hoogstaande gehalte.
(Fotoās deur Thys Lombard)

