Departement Kommunikasie Toekenning
Gedurende 2005 was Gemeenskapsradiostasies betrokke by ān inisiatief wat deur die Departement Kommunikasie finansier was. Deelnemende gemeenskapsradiostasies (ongeveer negentig) het maandeliks vir die Departement programme vervaardig.
Die Departement het besluit om Gemeenskapsradioās te vereer vir hulle werk. Tydens die Gala geleentheid wat op 2 September 2005 in Johannesburg gehou is, het Radio Namakwaland ān toekenning ontvang vir die Beste Gespreksprogram. Die program het gehandel oor die verkragting van vroue. Die vervaardiger en aanbieder was Annette Smit. Die prysgeld het R10 000.00 beloop.

